DIEBYBEL@KINDERS
Gewone prys
R 299.00
Uitverkoping
Stephan Joubert, Jan van der Watt, Hennie Stander en ander
God se boodskap in ‘n taal wat kinders verstaan
DieBybel@kinders, waarvan méér as 50 000 eksemplare al verkoop het, is wéér beskikbaar.
Die Nuwe Testament, Psalms en Spreuke is in maklike Afrikaans deur kundige Bybelvertalers vertaal – spesiaal vir kinders!
Die skrywerspan van dieBybel@kinders het met verantwoordelikheid God se Woord getrou aan die betekenis in maklike Afrikaans vertaal, spesiaal vir kinders.
• Aan die begin van elke boek is daar ’n kort inleiding wat die opsomming van die inhoud gee, om dit maklik en verstaanbaar te maak.
• Die Bybelboeke is ook in korter dele ingedeel met ’n opskrif wat mooi verduidelik waaroor die spesifieke deel gaan.
• Die sinne is lekker kort en lees maklik omdat eenvoudige woorde gebruik is.
• Dit is ideaal vir voorlees, maar tog is die taal so maklik dat dit net reg is vir selflees ook.
‘n Beperkte drukoplaag is vanaf 3 November beskikbaar!