{"product_id":"asem-x3","title":"Asem x3","description":"\u003cp class=\"MsoNormal\"\u003e\u003cspan lang=\"EN-US\"\u003eHierdie nuwe boek van Gerjo Ben dra heel gepas die titel \u003ci\u003eAsem\u003c\/i\u003e. Jy moet tyd maak om asem te haal wanneer die lewe jou vasdruk, omklap, of jou asem wegslaan, want sonder asem is jy in groot moeilikheid.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"MsoNormal\"\u003e\u003cspan lang=\"EN-US\"\u003eDit laat my dink aan Job wat vir die Here gesê het: “Wil U nie ŉ oomblik van my af wegkyk en my ŉ oomblikkie laat asem skep nie.” (Job 7:19) Daar staan letterlik: “... dat ek net my spoeg kan afsluk.” \u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"MsoNormal\"\u003e\u003cspan lang=\"EN-US\"\u003eHierdie praktiese boek wil jou help om in God se teenwoordigheid jou spoeg af te sluk, jou asem terug te kry, en ŉ vars perspektief uit God se hand op die lewe te kry.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"MsoNormal\"\u003e\u003cspan lang=\"EN-US\"\u003eEk kan hierdie boek aanbeveel, want ek ken die skrywer al baie jare. Sy boek is soos hy – eerlik, eg en vol genade. Dit is soos hemelse salf op die lewe se seer. Wie van ons het nie daardie salf nodig nie?\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"MsoNormal\"\u003e\u003cspan lang=\"EN-US\"\u003eToe Robert Louis Stevenson naby aan die einde van sy lewe was, het sy vrou by sy bed kom staan en gesê: \u003ci\u003e“I suppose in spite of all your troubles you will tell me again that it is a beautiful day.”\u003c\/i\u003e Die beroemde skrywer het geantwoord: \u003ci\u003e“Yes, my dear. I refuse to let that row of medicine bottles be the circumference of my horizon.”\u003c\/i\u003e\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"MsoNormal\"\u003e\u003cspan lang=\"EN-US\"\u003eMet \u003ci\u003eAsem\u003c\/i\u003e wil Gerjo Ben jou juis hiermee help. \u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"MsoNormal\"\u003e\u003cspan lang=\"EN-US\"\u003eAugustinus het geglo dat hoop die grootste van die drie deugde is. \u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"MsoNormal\"\u003e\u003cspan lang=\"EN-US\"\u003eGeloof sê vir ons: God bestaan.\u003cbr\u003e\u003c\/span\u003e\u003cspan style=\"font-size: 0.875rem;\"\u003eLiefde sê vir ons: God is goed.\u003cbr\u003e\u003c\/span\u003e\u003cspan lang=\"EN-US\"\u003eMaar hoop sê vir ons: God doen wat Hy belowe het. \u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"MsoNormal\"\u003e\u003cspan lang=\"EN-US\"\u003eDit is hoop wat niemand van jou kan wegneem nie. Hoekom? Want hoop is geanker in die Ewige. Maar meer nog: Hoop is ŉ Persoon. Paulus noem Christus Jesus ons Hoop (1 Timoteus 1:1). \u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"MsoNormal\"\u003e\u003cspan lang=\"EN-US\"\u003eDít is waaraan \u003ci\u003eAsem\u003c\/i\u003e jou wil laat vashou. Deur hierdie boek laat Gerjo Ben ons iets beleef van hemelse mond-tot-mond asemhaling, want God blaas Sy lewe in ons. Sy asem maak ons sterk. Dankie, Gerjo Ben, vir hierdie tydige boek.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"MsoNormal\"\u003e\u003cspan lang=\"EN-US\"\u003eEwald van Rensburg\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"MsoNormal\"\u003e\u003cspan lang=\"EN-US\"\u003eSomerset-Wes\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Kruispad247","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":44843493916725,"sku":null,"price":545.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/2358\/0397\/files\/Asem3.png?v=1765446839","url":"https:\/\/shop.kruispad.com\/products\/asem-x3","provider":"Kruispad247","version":"1.0","type":"link"}